Oor ons Kleuterskool
Genius Academy Group of Schools & Klouterwoud:
Ons by Klouterwoud is ongelooflik trots om deel van die Genius Academy Group of Schools-familie te wees. Hierdie vennootskap is ‘n bevestiging van ons gedeelde toewyding aan die hoogste standaard van onderwys en die holistiese ontwikkeling van elke kind.
Genius Academy het ons missie en visie onderskryf, en ons is diep dankbaar vir alles wat hulle vir Klouterwoud doen. Hul ondersteuning help ons om voort te gaan met die lewering van uitstekende onderwys, en om ‘n omgewing te skep waar kinders floreer en hul volle potensiaal bereik.
Saam streef ons daarna om die toekoms van ons jong leerders te vorm, en ons is opgewonde oor die positiewe impak wat hierdie vennootskap op ons skool, ons kinders, en ons gemeenskap sal hê. Dankie, Genius Academy, vir julle onskatbare bydrae en vir die eer om deel van hierdie dinamiese groep te wees!